Ramaphosa en Duitse bondskanselier bespreek oorlog in Oekraïne

Die oorlog in die Oekraïne was ‘n groot besprekingspunt toe Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa die Duitse bondskanselier, Olaf Scholz, by die Uniegebou ontvang het. Ramaphosa het sy regering se standpunt verdedig en verduidelik waarom Suid-Afrika buite stemming gebly het in ‘n resolusie van die Verenigde Nasies oor Rusland. Scholz was onwrikbaar daaroor dat dit ‘n ondraaglike situasie is dat lande hulle aan Rusland se kant skaar.