Tedros vir tweede termyn as WGO se direkteur-generaal verkies

Tedros Adhanom Ghebreyesus sê hy is geëerd om vir ‘n tweede termyn as die Wêreld-gesondheidsorganisasie se direkteur-generaal te dien. Sy herverkiesing is tydens die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, bevestig. Ghebreyesus sê hy is innig dankbaar vir lidlande se vertroue in hom. Gedurende sy eerste termyn het hy die WGO se reaksie op die Covid-pandemie, uitbrekings van ebola in die Demokratiese Republiek van die Kongo en ander humanitêre krisisse gelei.