Manwu: Mutorwa kom sy belofte na deur padprojek te betaal

Die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië, Manwu, het bevestig dat die Namibies minister van werke, John Mutorwa, sy belofte nagekom het deur seker te maak dat die Okahandja-Windhoek-padprojek vir sy uitstaande betalingssertifikate betaal word. Dit beteken salarisbetalings vir die konstruksiewerkers wat vir vier maande nie salarisse ontvang het nie. Die werkers het verlede week hul griewe met Mutorwa bespreek, waarna hy belowe het dat 300 miljoen Namibiese dollar uitbetaal sal word. Begrotingsbeperkings wat tot die wanbetaling van kontrakteurs gelei het, het verdere vertraging veroorsaak in die konstruksie van die laaste stuk van die Okahandja-Windhoek-hoofweg. Die bou van die 21 kilometer stuk pad sal na verwagting eers vroeg volgende jaar voltooi wees.