Pres. Geingob skuur skouers met koning Philippe van België

Namibiese President Hage Geingob het ‘n welwillendheidsbesoek aan koning Philippe van België by die koninklike paleis in Brussel afgelê. Geingob het op Twitter gesê hulle het die ontwikkelende vennootskap tussen Namibië en België bespreek wat groei tot voordeel van die twee lande. Geingob is tans in Europa nadat hy op uitnodiging van die Franse President, Emmanuel Macron, die Een Oseaan-beraad in die Franse hawestad Brest bygewoon het.