Wes-Kaap wil eerste provinsie wees sonder beurtkrag

Die Wes-Kaap beoog om die eerste provinsie in Suid Afrika te word om beurtkrag finaal die uitklophou te gee. Premier Alan Winde het vandag tydens sy provinsiale rede gesê miljarde rande word in die provinsie groen-energie-sektor belê om inwoners teen die negatiewe impak van beurtkrag te beskerm. Hy sê die nuwe beleggings sal munisipaliteite in staat stel om mettertyd minder aangewese te wees op Eskom vir hul elektrisiteitsbehoeftes. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad is aan die woord.