Graad 11 NSSCO-uitslae Vrydag bekend

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die eksamenuitslae van die Namibië Senior Sertifikaat Gewone Vlak van graad 11-leerders vir beide voltydse en deeltydse kandidate Vrydag bekend gemaak sal word. Die uitslae sal op die webtuiste van die onderwysministerie beskikbaar wees, asook via SMS’e en gedrukte media. Beide die webtuiste en SMS-diens sal vanaf Vrydagmiddag kwart-oor-twaalf beskikbaar wees.