Politieke kenner: Dit is nie in die ANC se kultuur om te bedank 

‘n Politieke ontleder in die buurland het gereageer op Suid-Afrikaanse berigte dat President Cyril Ramaphosa sy kabinet ingelig het dat dit die laaste keer is dat hy met hulle sal vergader. Hy sal vanaand die land toespreek. Daar is gerugte dat Ramaphosa vanaand sy bedanking sal aankondig. Intussen het die Suid-Afrikaanse rand vandag baie skerp tot byna 18 rand teen die Amerikaanse dollar verswak na dié gerugte. Politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n 50/50-situasie.

 Hy voeg by dit is nie in Ramaphosa en die ANC se kultuur om te bedank nie.