Stad Tshwane veroordeel kabeldiefstal

Die Stad Tshwane het die aanranding op sekerheidswagte en die kabeldiefstal by die Soshanguve-substasie in Soshanguve veroordeel. Veiligheidspersoneel is by die substasie gyselaar gehou. Die misdadigers het toe kabels gesny en gesteel. Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streekbedrywighede, Daryl Johnston, sê die Soshanguve-substasie is onlangs opgeknap ten bedrae van 92 miljoen Suid-Afrikaanse rand om bestendige kragtoevoer aan inwoners en besighede te voorsien.