Plaaslike taxi-bedryf soek ook ‘n hulpfonds

Die Namibiese openbare vervoerbedryf het gereageer op die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, wat die Taxi-hulpfonds-aansoekproses amptelik in die buurland geopen het. Die fonds is meer as 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Mbalula sê die regering het die fondse met die bedryf se insette ontwikkel, ten einde die ekonomiese impak van die Covid-pandemie op die bedryf gedeeltelik te verlig. Pendapala Nakathingo van die Namibië Bus- en Taxivereniging sê só ‘n fonds moet dringend vir die Namibiese vervoerbedryf oorweeg word.