Goudvissies geleer om te bestuur… ja… bestuur

Navorsers in Israel het goudvisse geleer om te bestuur… jy’t reg gelees… te bestuur. ‘n Span by die Ben-Gurion-universiteit het ‘n klein robot motor ontwerp wat toegerus is met afstandwaarnemingstegnologie wat soos radar die omgewing om die motortjie bepaal. Die goudvis het deur middel van sy beweging beheer oor die motortjie. Die navorsers sê die visse was eers deurmekaar maar het vinnig geleer dat hoe hulle beweeg die motor in dieselfde rigting neem. Ses visse het elk tien bestuurlesse ontvang en het kos gekry as ‘n teiken in die motor bereik is. Nes soos op ons land se paaie, was sommige visse beter bestuurders as ander. Die navorsers sê die studie is belangrik om diere se navigasie-vaardighede te bepaal.