SA-owerhede oorweeg aansoeke om PCR-toets te laat vaar

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê hy is besig om voorstelle vir aanpassings in Covid-toetsprotokolle op te weeg. Onder die voorstelle is aansoeke dat die regering die verpligtende PCR-toets laat vaar, of ten minste goedkoper toetse toelaat vir reis- en ander doeleindes, soos ander lande dit reeds doen. Op die oomblik kan reisigers net toegang tot die land kry met ‘n negatiewe PCR-toets, ingeënt of nie. Die PCR-toets het reeds baie kritiek uitgelok en daar is talle voorbeelde van ‘n positiewe toets by een laboratorium, en die volgende dag, ‘n negatiewe toets by ‘n ander fasiliteit. Die Amerikaanse CDC het ook onlangs bepaal dat geen PCR toets nodig is na vyf dae van Covid nie omdat pasiënte somtyds tot 12 weke na herstel nog positief kan toets. Kosmos 94.1 Nuus volg op die oomblik op met Namibiese owerhede in die verband.