Phala-Phala: Cyril moet opsystaan

Die ANC-veteraan, Mavuso Msimang, het sy stem gevoeg by die oproep vir President Cyril Ramaphosa om onmiddellik opsy te staan, hangende die ondersoek na die diefstal van ongeveer 4 miljoen Amerikaanse dollar op sy plaas Phala Phala in Limpopo in 2020. Ramaphosa het tot dusver verkies om niks oor die saak te sê nie en die reg sy gang te laat gaan. Die saak het plaaslik groot opslae gemaak omdat Namibiërs betrokke is. Msimang sê Ramaphosa moet die publiek in sy vertroue neem.