‘Ons moet slimmer wees oor wie tot wat toegang het’ Kamala Harris

Die 21-jarige Robert E. Crimo III is formeel in Illinois aangekla op sewe klagtes van moord na die skietvoorval in Highland Park, Chicago op 4 Julie. Daar is ook 38 mense beseer. Owerhede sê nog klagtes sal bygevoeg word. Daar word berig dat Crimo voorheen al gedreig het om sy familie te vermoor en ook selfmoord probeer pleeg het. Adjunkpresident Kamala Harris het besoek aan Highland Park afgelê en meen die VSA moet slimmer wees oor wie toegang tot wat kry.