Peru beboet Spaanse energie-reus ná oliestorting

Peru se omgewings-owerhede het die Spaanse energie-reus, Repsol, met byna ‘n miljard Namibiese dollar beboet oor ‘n oliestorting verlede jaar aan die land se kus. Drie bykomende boetes is nou uitgereik vir administratiewe aanspreeklikheid wat met die storting verband hou. Bykans 12 000 vate ru-olie van ʼn tenkskip van Repsol het in Januarie 2022 in die see beland. Die gevolglike kol olie het meer as 174 hektaar strand bemors en voëls, robbe en pikkewyne is dood.