Namibiërs, gaan skenk bloed

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n kritieke tekort aan bloed by bloedbanke landwyd ná die feesseisoen. Die woordvoerder van die diens, Titus Shivute, sê Windhoekers kan vanaf vanoggend om agt-uur tot twee-uur vanmiddag die bloedskenk-kliniek besoek. Hulle doen ‘n beroep op alle bloedskenkers, veral dié met die O-tipe en B-tipe bloedgroep om bloed te skenk