Rugby: Bulle klop Drake

Rugby: Die Bulle was Vrydagaand te sterk vir die Drake van Wallis en het as oorwinnaars uit die stryd getree in ‘n Verenigde Rugby-kampioenskaps-kragmeting in Newport. Die Suid-Afrikaners was teen rustyd met 17-14 voor. Hulle was by verre beter in die skrums en die punte wat daaruit gelei het, het bygedra tot die uiteindelike telling van 29-14. Die oorwinning laat die Bulle weer in die regte rigting beweeg ná Suid-Afrikaanse derby-nederlae teen die Stormers en Haaie. Die Bulle is danksy die bonuspunt-oorwinning nou derde op die gesamentlike VRK-punteleer.