Peiling toon meer mense is treurig 2021, as in 2020

‘n Peiling deur Gallup toon dat die wêreld se mense emosioneel swaarder gekry het in 2021 as in 2020. Die maatskappy sê negatiewe ervaring-indeks het op die hoogste ooit, 33, geëindig. Volwassenes in 122 lande regoor die wêreld is gevra of hulle vyf negatiewe ervarings die vorige dag gehad het. Daar is ook meer spanning met 40 persent van die respondente wat sê hulle het baie stres, 30 persent ervaar pyn en 28 persent voel treurig. Die enigste indeks wat gedaal het was woede op 23 persent. In 2020 het woede op 24 persent ingekom. Die gelukkigste mense in die wêreld is in Panama en die ongelukkigste is in Afghanistan. Namibië is nie in die peiling ingesluit nie.