Mourinho het nie aan behoeftiges in Namibië geskenk nie, dis fopnuus

’n Valse bewering dat José Mourinho tydens sy kort vakansie in Namibië aan behoeftiges te skenk het is in Junie vanjaar wyd op sosiale media gedeel. Volgens Namibia Fact Check, is die plasing vir die eerste keer op 19 Junie 2022 op die World of Football-blad gepubliseer. Van daar is dit wyd gedeel. Die plasing sê Mourinho doen glo liefdadigheidswerk in Namibië. José Mourinho het 13 Junie in Namibië aangekom en ten minste twee dae met vakansie in die land deurgebring. Namibia Fact Check het ondersoek ingestel. Die beelde wat deur World of Football gedeel is, is albei van dieselfde geleentheid wat deur die Wêreldvoedselprogram in 2014 in die Ivoorkus gehou is, en is dus nie in Namibië geneem nie. Dit was tydens Mourinho se rol as ‘n ‘Ambassador Against Hunger’.