PDM soek wysiging van artikel 47 van die Grondwet

Die Popular Democratic Movement parlementslid Elma Dienda eis dat die Nasionale Vergadering artikel 47 van die Grondwet aanpas. Die bepaling sê dat persone wat in die openbare diens is en hulself verkiesbaar stel vir openbare poste moet bedank voor hul veldtogte afskop. Dienda meen die plaaslike verkiesingsowerheid het nog altyd die bepaling verkeerd geïnterpreteer en dat dit eerder moet lees dat die persoon eers moet bedank na hy of sy wel verkies is. Sy sê die bepaling diskrimineer omdat veldtogte tot vier maande kan neem en as die persoon nie wen nie, dan is hy of sy werkloos.