Brandstofprys vir Maart op pad, hy sal styg

Die Namibiese ministerie van myne en energie sal na verwagting vandeesweek die brandstofpryse vir Maart aankondig. Vir Februarie moes motoriste 30 sent meer vir petrol opdok, terwyl die dieselprys met 40 sent gestyg het. Terwyl Namibiese motoriste in afwagting op Maart se brandstofpryse wag, sê ekonoom Gabriel Erastus, hy verwag nóg ‘n styging in brandstofpryse.