Tjongarero sê sy hoop Shiimi sal hul ook in ag neem

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi gaan Donderdag sy begrotingsrede vir die 2022-2023 finansiële jaar lewer. Volgens berigte sê die sporministerie hulle het 100 miljoen Namibiese dollar nodig om die Onafhanlikheidstadion in Windhoek op te gradeer. Voorlopige beramings van die ministerie van werke dui aan dat die opgradering van die stadion volgens vereistes van die Konfederasie van Afrika-sokker 98 miljoen dollar gaan kos. Die sportminister Agnes Tjongarero, hoop dat ‘n regverdige deel aan haar ministerie teoegeken sal word.