PDM gesels oor NV-doelwitte vir die jaar

Tydens 2021 is Namibiërs tydens sittings van die Nasionale Vergadering nie net ingelig, maar ook vermaak. Die jaar 2021 was een van die interessante jare in die geskiedenis van die Nasionale Vergadering. Sekere debatte is nie in die Nasionale Vergadering afgehandel nie, en moet vanjaar voortduur. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement deel met Kosmos 94.1 Nuus watter kwessies op die PDM se top-prioriteitslys is wat vanjaar opgelos moet word.