Johnson en kie het nog ‘n skelm partytjie gehou

Britte is woedend oor die nuus dat 10 Downingstraat nog ‘n partytjie tydens die eerste inperking in 2020 gehou het. Die byeenkoms was blykbaar op 20 Mei 2020 gehou en die eerste minister Boris Johnson en sy vrou Carrie was ook daar, saam met 40 ander mense. Dit volg na dit aan die lig gekom het dat daar ook ‘n Kerspartytjie gehou was terwyl die hele land ingeperk was. Rivka Gottlieb van die groep Covid-19 Bereaved Families for Justice sê dit is walglik.

Johnson se gewildheid neem reeds af in die Konserwatiewe Party en die nuus is een van verskeie skandale wat hom in die afgelope twee jaar getref het.