Daar’s nie vreeslik vooruitsigte vir ekonomiese groei nie

Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkersunie is van mening as ons die jaar saamwerk, is dit die enigste manier om afdankings te vermy en die ekonomie te laat groei. Oor die afgelope jare, veral tydens die Covid-pandemie is talle werkers afgedank, maar vanjaar word gehoop dat 2022 nie deur soveel afleggings gekenmerk sal word nie. Muniaro sê daar is nie juis enige vooruitsigte vir ekonomiese groei nie.