Patel dank res van loteryraadslede af

Die Suid-Afrikaanse minister van handel, Ebrahim Patel, sê die Nasionale Loterykommissie het nie behoorlike administrasie en goeie bestuur verseker nie, veral nie wat betref die proaktiewe befondsing van begunstigde organisasies nie. Hy sê hy het prokureurs opdrag gegee om die res van die kommissie se raadslede af te dank. Die huidige raad het slegs drie lede oor en het dus nie meer ‘n kworum nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid stel tans ondersoek in na 50 bewerings van onregmatige toekenning van fondse aan begunstigdes wat nie kwalifiseer nie.