Paralimpiese Winterspele: Hoë temperature skep probleme

Die Beijing Paralimpiese Winterspele se organiseerders sê stygende temperature het onverwagse uitdagings vir atlete veroorsaak. Volgens berigte het die risiko dat kunsmatige sneeu kan smelt, veroorsaak dat die Alpynse ski-items wat vir gister by die Yanqing Nasionale Alpynse Ski-sentrum beplan is, ‘n dag vroeër moes plaasvind. Organiseerders sê die warm weer het dit ook vir atlete moeilik gemaak om teen die hellings te ski wat tot stadiger tye en talle ongelukke lei het. Noodplanne is gereed indien weerstoestande uiterstes sou bereik.