Paris St-Germain en Dortmund deur na halfeindronde

Paris St-Germain kom in die Kampioeneliga se halfeindronde teen Borussia Dortmund te staan. Kylian Mbappe het twee doele geskop en bygedra tot PSG se vier-een sege in die tweede deel van die kwarteindronde, met ‘n saamgestelde oorwinning van ses-vier teen Barcelona. Dortmund het hulle eerste halfeindronde in elf jaar gehaal toe hulle Atletico Madrid in die tweede deel met vier-twee verslaan en in totaal met vyf-vier geseëvier het. PSG se bestuurder, Luis Enrique, sê hy is gelukkig dat sy span die halfeindronde gehaal het: