Netumbo loop deur oor aanmerkings (om stemme te lok)

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in die Suide gekuier en gesê die Keetmanshoop-lughawe kan in die toekoms verander na die Karas Internasionale Lughawe. Dit is weens die opkomende olie- en gasbedrywe in die Suide, wat beleggers lok. Volgens haar is die herlewing van die nasionale lugdiens, Air Namibia, ook nie uitgesluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, wat sê dit maak nie sin nie en politici moet ophou om mense hoop te gee net om stemme te werf.