As jy nie van die wetgewers hou nie, stem hulle uit!

Die omstrede veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het verskeie onsmaaklike en aanvegbare stellings in die Nasionale Vergadering gemaak wat verband hou met sy privaat-lede wetsontwerp wat teen gay huwelike diskrimineer. Die ander probleem wat Namibiërs moet meemaak is die tipe debatte wat in die parlement gevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê Namibiërs moet meer belangstelling toon in wat in die parlement aangaan.

Links sê as mense ontevrede is oor die kwaliteit van hul verteenwoordiging in die parlement, moet hulle dit na die stembus vat.