Gerard Depardieu in Oktober op seksuele aanranding verhoor

Die Franse akteur Gerard Depardieu sal in Oktober verhoor word op klagtes van seksuele aanranding. Die 75-jarige akteur, wat sê hy is onskuldig is Maandag vir etlike ure ondervra. Die aanranding het blykbaar in September 2021 gebeur op die stel van die rolprent The Green Shutters. Daar is ook ‘n saak wat uit 2018 spruit. Depardieu, een van Frankryk se top-rolprentsterre, was die middelpunt van ‘n aantal aantygings van seksuele aanranding die afgelope paar jaar.