SME-sektor struikel

Mikro-, klein- en medium-ondernemings word as die ruggraat van enige ekonomie beskou, maar het met verskeie finansiële beperkings te doen. Toegang tot befondsing is egter ‘n groot struikelblok. Banke beskou sektor dikwels as hoërisiko-leners weens ‘n gebrek aan sekuriteit of kredietgeskiedenis, wat dit moeilik maak om lenings te bekom. Komplekse aansoekprosesse en hoë rentekoerse kan ook ontmoedigend wees. Die Namibië Beleggingsbevordering en -Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, het by ‘n geleentheid vir die sektor gepraat en sê marktoegang is hulle grootste probleem.