Krieket-legende Mike Procter sterf tydens operasie
Die voormalige veelsydige krieketspeler, Mike Procter, is in die ouderdom van 77 oorlede. Sy familie sê hy het gister na komplikasies tydens ‘n operasie gesterf. Procter het sewe toetse vir Suid-Afrika gespeel voor die land in 1970 weens apartheid uit internasionale krieket verban is. Hy het 14 seisoene die Engelse klub Gloucestershire verteenwoordig en later die Suid-Afrikaanse span na hulle terugkeer tot internasionale krieket afgerig. Procter was ook ‘n wedstrydskeidsregter van die Internasionale Krieketraad.