Paaie-owerheid bou 13 grondpaaie in Noorde

Die Paaie-owerheid het in November begin met die konstruksie van 13 grondpaaie in die streke van Omusati en Ohangwena ten bedrae van 94,2 miljoen Namibiese dollar. Die paaie is in vennootskap met die Duitse Ontwikkelingsbank gebou. Dit sal toegang tot afgeleë gebiede in die twee streke verskaf. Die uitvoerende hoof van die owerheid, Conrad Lutombi, sê hulle sal ontwikkeling na al die uithoeke van Namibië neem. Volgens hom is dié paaie én hul padveiligheidsprogram gereed vir die feesseisoen.

Lutombi het bygevoeg die owerheid is ook gereed vir die reënseisoen.