Dr. Theo-Ben Gurirab-praatjie Maandag op Gobabis aangebied

Die Namibiese ministerie vir internasionale betrekkinge en samewerking bied Maandag op Gobabis die 13de Dr. Theo-Ben Gurirab openbare praatjie aan. Die praatjie begin om tien-uur die oggend en sal tot die middag twaalf-uur duur. Op die paneel is die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah, asook ander ministers. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, verduidelik waaroor die praatjie handel.