Binnelandse verkope van nuwe voertuie in SA styg 

Binnelandse verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika was in November 6,6 persent hoër as in dieselfde maand verlede jaar. Die Nasionale Vereniging vir Outomobiel-vervaardigers, Naamsa, sê uitvoere was 42,2 persent laer as ‘n jaar gelede, maar is steeds 8,3 persent hoër vir die jaar tot op datum. Die verkope van nuwe passassiersvoertuie het verlede maand met 9,4 persent toegeneem. Naamsa sê ondanks verskeie uitdagings soos die eerste rentekoersverhoging in drie jaar, volgehoue beurtkrag en die nuwe Omikron-variant van Covid-19, is die mark vir nuwe voertuie veerkragtig op sy geleidelike herstelpad.