Outomasering in Padongelukkefonds lok reaksie in buurland uit

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa vra groter deursigtigheid in die bestuur van die Padongelukkefonds om voortgesette uitdagings die hoof te bied en sy bedryf te verbeter. Die vakbond waarsku die fonds se plan om eis-oorwegings met kunsmatige intelligensie te outomatiseer kan lei tot werksverliese en ‘n groter agterstand met die verwerking van eise. Numsa het sy kommer oorgedra aan die Parlement se staande komitee op Openbare Rekeninge. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê ‘n vyandige werksomgewing onder uitvoerende hoof Collins Letsoalo benodig ‘n houdings-verandering: