177 omgewingsaktiviste in ’22 vermoor

‘n Verslag van die nieregeringsorganisasie Global Witness het onthul minstens 177 mense is verlede jaar vermoor omdat hulle die omgewing verdedig. Colombië was die dodelikste land vir omgewingsaktiviste en 60 moorde is daar aangemeld. Die verslag beklemtoon die geskarrel vir hulpbronne in Latyns-Amerika, Asië en Afrika as oorsaak van die geweld. Dit sluit in die ontginning van skaars aardminerale wat gebruik word in die vervaardiging van elektriese motors en windturbines. Global Witness vra spesiale beskerming vir die verdedigers van ekostelsels wat gevoelig is vir klimaatsverandering.