Man deur Erongo-polisie gevind in besit van vermiste man se visstokke

Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê ‘n persoon is ingebring vir ondervraging in die verdwyning van Robby Michael van Omaruru. Die 53-jarige Michael is Sondag as vermis aangemeld na sy motor in die see by Myl 72 gevind is. Hy het blykbaar gaan visvang. Daar was talle gerugte dat hy Saterdagaand op Hentiesbaai deur ‘n motor gejaag is en dat sy visstokke deur die persone afgevat is, na sy motor omgeslaan het. Die polisie het geen verdere inligting bekend gemaak nie en sê net die persoon het na bewering, Michael se visstokke in sy besit gehad.