Otji se Von Trotha-straat word Theo Borstlap-straat

Otjiwarongo se 840-meter lange Lothar von Trotha-straat sal hernoem word. Volgens die dorpsraad se woordvoerder, sal die straat voortaan bekendstaan as Theo Borstlap-straat. Sy beskryf die eienaar van die ikoniese Theo’s SuperSpar en Etumba Plaza as ‘n sakemagnaat wat ‘n uitstaande bydrae tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van Otjiwarongo gemaak het en wat in Von Trotha-straat woon. Von Trotha was ‘n Duitse generaal wat tydens die 1904 tot 1908 volksmoord die Duitse magte gelei het en volgens die geskiedenis, die sogenaamde uitwissingsbevel teen die Ovaherero en Nama uitgevoer het.