Oshakati kort nóg ‘n watersuiweringsaanleg

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, sê die opgegradeerde watersuiweringsaanleg by Oshakati voorsien 40 000 kubieke meter drinkwater per dag aan die streke van Oshana, Ohangwena en Oshikoto, wat 40 persent van die Namibiese bevolking is. Schlettwein sê daar is ‘n behoefte vir ‘n bykomende aanleg wat 50 000 kubieke meter water per dag kan voorsien. Hy sê die regering het finansiering van die Afrika Ontwikkelingsbank ontvang waarvan ‘n deel vir ‘n nuwe watersuiweringsaanleg op Oshakati aangewend sal word.