Daar is nie genoeg begroot vir ‘n beloofde (weer) distrikshospitaal in Whk nie

Berigte lui die Windhoek-distrikshospitaal, wat onlangs aangekondig is, sedert 2014 op die ontwikkelingsbegroting is sonder dat ‘n enkele sent daaraan toegeken is. Maar, volgens die Tender Bulletin sal die hospitaal van 2,9 miljard Namibiese dollar reeds in 2027 voltooi wees terwyl daar tot daardie tyd net 340 miljoen dollar toegeken is. Intussen het die regering sedert 1994, net 120 miljoen dollar aan die vervalle Katutura-hospitaal bestee, terwyl die party sy nuwe hoofkantoor, reg oorkant die hospitaal, teen ‘n koste van 1 miljard dollar bou.