Europese Kommissie sê Rusland herskryf die reëls

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Rusland is blatant besig om die reëls van die internasionale stelsel te probeer herskryf. Von der Leyen het by die Münchense Sekerheidskonferensie gepraat oor die krisis in Oekraïne. Die EU hoop steeds vrede sal seëvier en dat diplomasie dit sal meebring. Von der Leyen sê hulle is voorbereid om sanksies in te stel wat ernstige gevolge vir Moskou sal hê, indien daar ‘n militêre aanval sou wees.