Lodges in Bwabwata wek baie groot kommer

Twee verskillende advertensies in die Tender Bulletin dui aan daar is planne om luukse tent-lodges by die Bwabwata Nasionale Park te ontwikkel. Dit is in die Buffolo Core-gebied in die Kavango Oos-streek. Daar is tans publieke konsultasies aan die gang hieroor. Die park is egter onder beskerming van die Ramsar Konvensie oor vleilande. Volgens Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier, is die gebied waar die ontwikkelinge beoog word in vleiland. Kosmos 94.1 Nuus het met Paxton gepraat, wat sy bekommernisse lug.