Kragskuld aan City Power beloop R7,2 miljard

Mynmaatskappye, groot sakeondernemings, asook openbare hospitale en skole in Johannesburg, is onder die grootste wanbetalers op City Power se boeke. ‘n Woordvoerder, Isaac Mangena, het gesê 7,2 miljard rand is aan die Johannesburgse Metro-raad se kragvoorsiener verskuldig. Vyf miljard daarvan is vir drie maande of langer agterstallig. Uitstaande regeringsrekeninge beloop sowat 170 miljoen rand. Mangena sê staatsdepartemente wat agterstallig is sluit in skole en hospitale.