Drempel vir regshulp word verhoog

Die justisieministerie gaan die drempel om vir regshulp te kwalifiseer van 3 500 Namibiese dollar tot 7 000 dollar verhoog. Die proklamasie sal Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer word. Altesaam 9 110 mense het gedurende die 2023-24 boekjaar om regshulp aansoek gedoen, waarvan 5 428 aansoeke toegestaan is terwyl sommige nog hangende is. Edmund Khoaseb – die waarnemende woordvoerder by die ministerie.