Hier kom die koue, en hy sal bly

Die winter sal na verwagting aan die einde van die week in die land aankom. ‘n Reuse kouefront word vanaf Donderdag in die verre suidwestelike dele van die land verwag wat Sondag die noordelike dele sal berei. Die bekende weerkenner George van der Merwe sê die koue is dan hier om te bly.