Oscar gemonitor tot vonnis verstryk

Die buurland se departement korrektiewe dienste sê Oscar Pistorius sal gemonitor word tot sy vonnis verstryk. Die veroordeelde Paralimpiese kampioen gaan op parool vrygelaat word om die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig te voltooi. Woordvoerder Singabakho Nxumalo sê sy parool, wat op 5 Januarie van krag word, is onderhewig aan toesig en voldoening aan parool-voorwaardes.