Namibië verloor 32% boombedekking

Volgens Global Forestwatch was die top twee streke in Namibië verantwoordelik vir 57 persent van alle boombedekkingverlies in die land tussen 2003 en 2022. Namibië het 1,23 kilohektaar boombedekking verloor, gelykstaande aan ‘n 32 persent afname in boombedekking sedert 2000, en 281 kiloton van koolstofdioksiedvrystellings. Ohangwena het die meeste boombedekkingsverlies gehad op 206 hektaar vergeleke met ‘n gemiddeld van 54 hektaar. Zambezi het ‘n verlies van 191 hektaar gehad, Kavango 112 hektaar, Oshikoto 101 hektaar en die Otjozondjupa-streek 62 hektaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewing-ministerie, gepraat oor die redes vir die verliese.