Vrou kry lewenslank vir nuuskierigheid

‘n Jong Suid-Koreaanse vrou is tot lewenslank agter tralies gevonnis nadat sy ‘n vreemdeling uit nuuskierigheid vermoor het. Die drie-en-twintig-jarige Jun Yoo-jung word beskryf as iemand wat ‘n obsessie het met misdaadprogramme en boeke, en het ‘n hoë psigopaat-toetstelling getoon. Sy het ‘n naamlose Engelse onderwyser op ‘n toepassing ontmoet nadat sy glo maande lank na ‘n slagoffer gesoek het, en haar met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Jung het toe in ‘n taxi geklim met die liggaam in ‘n tas om dit in ‘n woud te los, en die taxibestuurder het die polisie ingelig.