Opheffing van inperkings op streke word deur toerisme verwelkom

Toerisme in Namibië en regoor die wêreld ervaar op die oomblik druk as gevolg van die Covid-regulasies en beperkings. Op die oomblik mag Namibiërs weer tussen streke van die land reis sonder ‘n reispermitte, en dit is volgens kundiges ‘n positiewe verwikkeling. Mufaro Nesongano, NWR se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, aanlynmedia en borgskappe, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.